Boma Fasiliteite

By Drinkpan glo ons nie net in uitstaande kwaliteit wild nie, maar ook dat jou fasiliteite van hoogstaande gehalte moet wees.  Die standaard van fasiliteite en netheid van die boerdery is ‘n aanduiding van die kwaliteit van die boerdery en die diere wat geteel word.

Die boma fasiliteite op Drinkpan kan ‘n groot verskeidenheid wild akkommodeer insluitende buffels. Die uitleg van die boma is ook so beplan dat dit gebruik word in ons passiewe vangsisteem van ons Livingston Elande en Nyala’s. Verskeie veeartse het al van ons fasiliteite gebruik gemaak en praat met die grootste lof daarvan.

Die teel van top kwaliteit diere loop hand aan hand met top fasiliteite.