Oor Drinkpan Wild

Drinkpan Wild is gelee 35km wes van Thabazimbi in die hartjie van die bosveld op die plaas Drinkpan. Die area word gekenmerk vir sy soet weiding en is ook streng hartwater veld. Hier op Drinkpan glo ons dat die optimale benutting van die uitsonderlike natuurlike weiding gesamentlik met die toediening van oordeelkundige byvoeding, ons diere in ‘n besonderse kondisie plaas. Ons boer semi-intensief met al ons spesies wat bydra tot hulle aanpasbaarheid in enige deel van die land.

Ons eerste Livingstone Elande is gedurende Desember 1999 op die plaas gevestig. Deur baie jare se teling en seleksie het Drinkpan daarin geslaag om top kwaliteit diere soos die bul Magiel, wat aan Thithombo Game Breeders verkoop is, aan die mark te lewer. Hierna is verskeie ander spesies bygevoeg. Vandag spesialiseer ons by uitnemendheid in die teel van Swart – en Saalrug Rooibokke, Livinstone Elande asook Nyala’s van uitstaande kwaliteit en kleur. Ons wildhateringsfasiliteite is ook van hoogstaande gehalte.

Ons nooi u graag uit om ons uitsonderlike diere in hulle natuurlike habitat te kom besigtig.